Waar het als begin ?

Van skool af het ek al belang gestel in musiek, en so ook deel gevorm van die HTS Elspark se “Band” ,so het dit aan gegaan tot na skool waar ek op die dans vloer begin boer het, en dit het toe veroorsak dat die liefde vir musiek net groter en groter geword het.
Ek ontmoet toe een aand een van die eienaars van die ou “Raceview” dansclub, en ek kry dit toe ook reg om “DJ” daar te wees totdat dit omskep is in n industriele fabrieke. Ek het ook klank gedoen vir sangers wat daar kom optree het.
Ek word toe vriende met n paar kunstenaars in die bedryf en besluit toe om die mikrofoon te vat , en iets daarvan te maak. Nadat ek bevoorreg was om saam met n paar kunstenaars op verhoog en agter die verhoog , klank ens. te werk ,was dit op daai oomblik dat ek in my hart oortuig was dat ek n God gegewe talent gegee is om Optredes te doen asook klank en musiek vir funksies moet begin doen, en omdat ek passievol is oor musiek .

 

Op my lewenspad

Op my lewenspad het my liefde vir musiek n paar hakplekke ervaar .
In September 2006 het ek my Pa afgestaan aan die dood, na n lang stryd met sy hart, hy het nooit baie gepraat nie, maar as Hy se” Daan kom maak bietjie n draai” dan het ek geweet , Hy wil weet oor my lewe, en waarheen ek oppad is . Ek mis dit baie….
In Desember 2013 het ek my Ma aan die dood afgestaan, nadat Sy vinnig agteruit begin gaan het, ek onthou nog Sy het altyd gese “Jy moenie laat mense jou onder kry nie ,jou lewe is voor jou” vir die volgende agt jaar wat sy nog gepaar was na my Pa, het Sy maar altyd sterk gelyk !!! Lief vir jou
My grootste skok in my lewe was op 1 Mei 2015 7:00 uur die oggend toe ek n koue oproep ontvang het om my in kennis te stel dat my my enigste geliefste dogter Alisia van 8 jaar oud ,in n tragiese motorongeluk oorlede is, net daar tot vandag toe, besef ek hoe kort die lewe is, en hoe die duiwel kom steel en verwoes….Die gevoel binne my toe ek langs Alisia se liggaam yskoud in die veld gaan kniel het op die ongeluks toneel , kan ek net nie beskryf nie. Jy is n weduwee of n wewenaar as jy jou man of vrou verloor, daar is geen beskrywing vir as jy jou kind verloor nie!!!

 

ALISIA SAL MY INPIRASIE BLY !!! LIEF VIR JOU

 

Wat is ek tans mee besig ?

Ek is betrokke by ñ paar projekte soos Feeste Organiseering, waar ek self optree, MC of klank doen. Ek het ook die Skryf van my eerste album genaamd “BOERSEUN” klaar gemaak einde Junie 2017, wat bestaan uit 12 Oorspronklike Liedjies, wat ek geskryf het nadat verskeie gebeure in my lewe my geinspireer het. My idee met die album is ook om inspirerende boodskape te deel deur musiek, want ek glo musiek is ñ taal op sy eie. Die hele album is verwerk deur Ernie Bates vir wie ek baie dankbaar is , Ek dra ook een van die liedjies op aan my oorlede dogter ” n Oproep het alles verander “
Daar is ook liedjies soos “Saamstaan” wat ontstaan het toe ek net op ñ dag in my musiek kamer gaan sit het met ñ vraag…”Sal ek en jy kan saamstaan , asook liedjies soos “Goud en Silwer”, “ñ Nuwe Begin”, “Jy sal my nie kan keer nie”, “Liefde en Water” “Die Storie man” en natuurlik “Boerseun” (Wat een van my gustelinge is) en vele meer

 

Toekoms Planne

Ek wil net orals my passie gaan uitleef en als geniet in die lyn wat ek doen

 

Dankies

Dankie aan almal vir die bystand en ondersteuning in die bedryf, vir die wat my hart vir musiek sien en weet dat dit my passie is, en so ook help met nodige goedjies ens.